‘n Wêreld-deurbraak teen ‘n vernietigende siekte by mango’s het sy oorsprong in Tzaneen en kan ‘n omwenteling in die bedryf ontketen.

Dit is die eerste chemiese spuitmiddel teen bloeiselmisvorming wat dié plaag tot honderd persent kan vernietig. Dokumente is reeds aan die regering vir noodregistrasie voorgelê sodat dit betyds beskikbaar kan wees voor vanjaar se mango-oes.
Die spuitmiddel is bekend as Lima en is deur jare se intensiewe navorsing en proewe buite Tzaneen ontwikkel.

Die deurbraak is gemaak deur mnr Theuns Botha, bekende mangoprodusent en eienaar van die plaas Lapland, waar oorspronklike formules tot die ontwikkeling van die middel ontdek is. Botha het vier jaar aan die projek gewerk, nadat bloeiselmisvorming jaarliks tot 70% van sy mango-oes vernietig het.
Hy het pas uit Australië teruggekeer, waar hy die middel aan die wêreld mango-kongres voorgestel het.
Berig deur: Far North Bulletin