Bloeiselmisvorming op mango’s wat deur ‘n Fusariumspesie veroorsaak word is ‘n enorme probleem vir die mangobedryf in Suid-Afrika. Die Tzaneen-area is ook geen uitsondering nie en tans veroorsaak die siekte ernstige produksieverliese in hierdie gebied. Vyftien jaar gelede was die voorkoms van die siekte in die Tzaneen-area baie laag (1%) en dit het ooreengestem met die siektevoorkoms in die ander gebiede. Wehner, Combrink en Kotze (1986) het bevind dat
die siekte glad nie in die Hoedspruit- en Tshipese areas voorgekom het nie. Die situasie het egter vandag drasties verander en ek twyfel of daar ‘n area in die noorde is wat nie besmet is nie.
Geskryf deur: Theuns Botha
Gepubliseer op: Southern Africa Mango Growers’ Association