‘n Boer het ‘n middel ontwikkel wat die winsgewendheid van mangoboere drasties kan verbeter deur ‘n hardnekkige swam te bestry. Navorsing oor van die belangrikste siektes en plae wat die plaaslike mangobedryf knou, is op die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging (SAMKV) se navorsingsimposium bespreek. Die tonge het behoorlik geklap toe mnr. Theuns Botha, mangoboer en plantpatoloog van Tzaneen, sy navorsing oor bloeiselmisvorming en produkontwikkeling aangebied het.
Berig deur: Liza Bohlmann