Reën op die regte tyd gaan vir die mangoboere van Letaba ‘n belowende oes bring, want die vrugset lyk klaar goed. Die vruggies is reeds daar en wissel van ertjie- tot duifeiergrootte.

Mnr Theuns Botha van Platland buite Tzaneen sê die toestand van boorde is deurgaans gesond en al word water spaarsaam aangewend, kry elke boom sy billike kwota.

Berig deur: Far North Bulletin